# Krieket: Suid-Afrika het ‘n eerstebeurt-agterstand van 148 lopies aan die begin van die derde dag van die tweede en laaste toets teen Pakistan in Rawalpindi. Die Protea-draaibouler Keshav Maharaj het gisteroggend die gashere se laaste vyf paaltjies ingepalm om met sewe paaltjies weg te stap, terwyl Pakistan uitgeboul is vir 333. Ryan Rickelton het sy paaltjie vroeg verloor, waarna Tony de Zorzi 55 bygedra het en Tristan Stubbs ‘n onoorwonne 68. Hy en Kyle Verreyne sal die Proteas se beurt hervat op 185 vir vier.
Krieket: Proteas begin dag drie in Rawalpindi met ‘n agterstand van 148 lopies