Skip to content

Gladde begin vir Gautengse matriekeksamen ondanks geringe haakplekke [KLANK]

# Die Gautengse LUR vir Onderwys, Matome Chiloane, sê die matriek-eindeksamen het gladweg begin in alle distrikte, sonder groot ontwrigtings. Meer as 16-duisend-900 kandidate het die Rekenaartoepassingstegnologie Vraestel-een afgelê. Vier sentrums het geringe krag- of tegniese probleme aangemeld, maar vinnige ingrypings is ingestel, insluitend kragopwekker- en sonkrag-rugsteunstelsels om te verseker die eksamen gaan sonder vertragings voort. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê alle leerders het onder regverdige, gunstige omstandighede geskryf:

ENG-MabonaOnMatrics