# Krieket: Australië se kaptein, Alyssa Healy, het weens ‘n besering onttrek aan môre se Wêreldbeker-groepswedstryd teen Engeland. Sy het volgens berigte ‘n geringe spierbesering opgedoen tydens oefening, maar dis nog nie seker of sy reg sal wees vir die res van die toernooi nie. Australië en Engeland is tans boaan die punteleer en het albei reeds vir die halfeindronde gekwalifiseer, maar Suid-Afrika sal albei verbysteek as hulle Pakistan vandag klop. Die Proteas en Australië speel Saterdag, terwyl Engeland se laaste groepswedstryd Sondag teen Nieu-Seeland is.
Krieket: Australië is bekommerd oor kaptein Healy se fiksheid vir die res van die Wêreldbekertoernooi