Skip to content

Krieket: Afridi voer Pakistan aan in drie eendagwedstryde teen Suid-Afrika

# Krieket: Die ervare bouler, Shaheen Shah Afridi, sal Pakistan in die eendagreeks teen Suid-Afrika aanvoer. Mohammad Rizwan, wat slegs ‘n jaar in die posisie was, is vervang nadat die land in die eerste ronde van die Kampioenebeker uitgeskakel is, gevolg deur hul eerste reeksverlies in die Wes-Indiese Eilande in 34 jaar. Die beheerliggaam sê die keurkomitee en die hoof-witbalafrigter, Mike Hesson, het oor die verandering in leierskap besluit. Die drie eendagwedstryde word vroeg volgende maand in Faisalabad gespeel.