Skip to content

Johannesburg gaan informele handelaars huur vra vir openbare fasiliteite

# Die Stad Johannesburg gaan informele handelaars tussen 50- en 100-rand huur vra om hul openbare fasiliteite te gebruik om hul produkte te verkoop. Dit is deel van die metro se pogings om informele handel te reguleer. Daar is tussen 20-duisend en 25-duisend informele handelaars reg oor die metro. Johannesburg se uitvoerende direkteur van Ekonomiese Ontwikkeling, Mathopane Masha, sê die handelspermitte sal gratis wees, maar stalletjies se huur sal afhang van die grootte en waar die mark geleë is.