Skip to content

Taxiverenigings doen beroep vir wetstoepassing met afpersing van Bronkhorstspruit se taxibedryf

# Die Groter Bronkhorstspruit Taxivereniging en die Sakhile Ekangala Taxivereniging doen ‘n beroep op wetstoepassingsagentskappe in Bronkhorstspruit, Tshwane, vir dringende ingryping. Dit volg op voortdurende dade van intimidasie en afpersing wat die taxibedryf in die gebied verlam. Die verenigings sê ‘n oud-gevangene, wat onlangs op parool vrygelaat is, pers operateurs af deur met geweld 30-rand per rit van taxibestuurders en -eienaars in te vorder. Die verenigings sê die veiligheid van inwoners en pendelaars is ook in gevaar.