# Die wetstoepassingsagentskappe van die Stad Kaapstad het die afgelope week 281 verdagtes in hegtenis geneem en meer as 50-duisend boetes uitgereik. Drie-en-twintig motoriste is vir bestuur onder die invloed van alkohol aangekeer. Altesaam een-duisend-769 lasbriewe vir inhegtenisneming is uitgevoer en 225 voertuie wat vir openbare vervoer gebruik word, is geskut. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê talle van die operasionele suksesse is die gevolg van toegewyde, proaktiewe patrollies en skerp waarneming van personeel op die grond.
Kaapstad se wetstoepassingsagentskappe het meer as 200 mense die afgelope week gearresteer