Skip to content

Tennis: Jannik Sinner uit Italië se Davisbeker-span

# Tennis: Die wêreld-nommer-twee, Jannik Sinner, gaan nie volgende maand vir Italië speel in die Davisbeker-eindtoernooi op eie bodem in Bologna nie. Die viermalige Grand Slam-kampioen het die vorige twee jaar gehelp om sy land tot ‘n oorwinning te lei. Sy woordvoerder sê hy gaan die geleentheid oorslaan om ‘n bykomende week te hê vir sy voorbereiding vir die Australiese Ope in Januarie. Italië speel teen Australië in die kwarteindronde van die Davisbeker. Die wêreld-nommer-een, Carlos Alacaraz, is intussen in Spanje se span opgeneem.