Skip to content

ANC en Ezulweni bereik ’n ooreenkoms oor die party se verkiesingskuld van R85-miljoen

# Die ANC en Ezulweni Investments het buite die hof geskik. Die party sou na verwagting vandag die hof nader om ʼn bevel om op sy bankrekeninge beslag te lê weens skuld van 85-miljoen-rand, om te keer. Dit volg nadat die ANC versuim het om sy skuld aan die KwaZulu-Natalse drukker- en bemarkingsmaatskappy te betaal vir materiaal wat Ezulweni Investments vir die verkiesingsveldtog in 2019 gelewer het. Die ANC sê ʼn minlike skikking is bereik en die inhoud van die nuwe ooreenkoms sal vertroulik bly.