# Die minister van Polisie, Senzo Mchunu wat tans op spesiale verlof is, sal vandag vrae van die parlementêre ad hoc-komitee beantwoord. Die komitee ondersoek misdadigheid, politieke inmenging en korrupsie in die strafregstelsel. Die minister het verlede week voor die komitee getuig sy besluit om ʼn bevel uit te vaardig om die taakspan oor politieke moorde in KwaZulu-Natal te ontbind, is deeglik oorweeg en nie deur misdadige motiewe gedryf nie. Die voormalige minister van Polisie, Bheki Cele, is die volgende getuie wat voor die komitee verskyn.
Parlementêre ad hoc-komitee gaan minister Mchunu ondervra