Skip to content

Brandweerspanne sukkel in sterk wind om brand naby Drakenstein-gevangenis onder beheer te bring

# Brandweerdienste van die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit is op die toneel van ‘n veldbrand langs die Drakenstein-gevangenis op die R301, tussen die Paarl en Franschhoek. Die brand word vererger deur sterk wind en digte plantegroei, met swaar rook wat brandbestryding uiters uitdagend maak. Die wind het die brand in die rigting van gevangenisbehuising laat versprei, maar geen strukture word op hierdie stadium bedreig nie. Brandweerspanne van die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit en die Drakenstein Munisipaliteit is tans saam met ses brandweerwaens op die toneel.