# Krieket: Die Protea-vroue speel vandag in Colombo, Sri Lanka, teen Pakistan in hul voorlaaste Wêreldbeker-groepswedstryd nadat hulle reeds vir die halfeindronde gekwalifiseer het. Daar is nie veel op die spel vir die teenstanders nie, want hulle is onderaan die punteleer met slegs twee punte na hulle vorige vyf wedstryde. Suid-Afrika het haar eerste wedstryd teen Engeland verloor voor agtereenvolgende oorwinnings oor Nieu-Seeland, Indië, Bangladesj en Sri Lanka. Die Proteas se laaste groepswedstryd is Saterdag teen die verdedigende kampioen en voorloper, Australië, in Indore, Indië.
Krieket: Proteas speel teen Pakistan in hul voorlaaste Wêreldbeker-groepswedstryd