# Krieket: Pakistan het 259 vir vyf bereik aan die einde van die eerste dag van die tweede en laaste toets teen Suid-Afrika in Rawalpindi. Kaptein Shan Masood het 87 aangeteken en Abdullah Shafique 57 nadat die gashere besluit het om eerste te kolf. Keshav Maharaj en Simon Harmer het elk twee paaltjies geneem en Kagiso Rabada een. Die Proteas het nie ‘n goeie dag in die veld beleef nie en verskeie vangkanse verbrou. Pakistan het die eerste toets in Lahore binne vier dae met 93 lopies gewen.
Krieket: Pakistan bereik 259 vir vyf met uitskeityd op die eerste dag van die tweede toets in Rawalpindi