Skip to content

JMPD arresteer 185 motoriste in weeklikse dronkbestuur-operasies [KLANK]

# Die Johannesburgse Metropolisie het tussen verlede week Maandag en gister 185 motoriste in hegtenis geneem vir bestuur onder die invloed van alkohol. Gevaarlike bestuurders is by sigbare padversperrings met deurlopende patrollies van die stad se paaie verwyder. ‘n JMPD-woordvoerder het herhaal oortreders sal vervolg word en het motoriste aangeraai om padveiligheid voorop te stel. Hy het bygevoeg die operasies weerspieël die JMPD se benadering tot zero-verdraagsaamheid oor dronkbestuur en hul toewyding om Johannesburgse gemeenskappe te beskerm:

ENG-FihlaOnArrests