# Motorsport: Die Amerikaanse Grand Prix op die Circuit of the Americas in Texas, wat gister deur Max Verstappen van Red Bull gewen is, sal tot minstens 2034 op die Formule 1-kalender bly. Dit het sedert sy instelling in 2012 reuse-skares gelok, insluitend meer as 430-duisend verlede jaar. F1 se president en uitvoerende hoof, Stefano Domenicali, sê dit is ‘n ware hoogtepunt vir aanhangers, bestuurders én spanne. Die baan se voorsitter, Bobby Epstein, sê dit het gegroei tot een van die wêreld se grootste sportbyeenkomste oor ‘n enkele naweek.
Motorsport: Langtermyntoekoms van Amerikaanse F1 Grand Prix is verseker