# President Cyril Ramaphosa sê om armoede te oorkom en lewenskoste vir Suid-Afrikaners te verminder is een van die strategiese voorkeure van die regering van nasionale eenheid. Sowat 15- tot 16-miljoen inwoners se toegang tot voedsel is onvoldoende of word ernstig gekortwiek. Ramaphosa sê in sy weeklike nuusbrief terwyl kleinhandelaars daaraan werk om hulle markaandeel na laer-inkomste huishoudings te vergroot, het hulle die verantwoordelikheid om te verseker dat dit bekostigbare, gesonde voedselkeuses insluit. Hy voeg by die uitwissing van uiterste voedselarmoede moet ‘n gesamentlike poging wees.
Ramaphosa sê die uitwissing van uiterste voedselarmoede moet ‘n poging van die hele samelewing wees