# Israel en Hamas beskuldig mekaar van die verbreking van die skietstilstand-ooreenkoms wat Amerika bewerkstellig het. Die Israelse weermag sê Hamas het sy magte in Rafah in die suide van Gaza met vuurpyl-aangedrewe granate en skerpskutter-vuur aangeval waarna die IDF aanvalle in die gebied uitgevoer het. Israel het ook humanitêre hulp aan Gaza gestaak. Die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, het die weermag opdrag gegee om met mag op te tree teen terroristeteikens in die Gaza-strook. Hamas sê intussen hy wil die skietstilstand-ooreenkoms nakom.
Israel en Hamas beskuldig mekaar van skietstilstand se skending