Skip to content

Krieket: Protea-Vroue tweede bevestigde span vir Wêreldbeker-uitklopwedstryde

# Krieket: Die Protea-vrouespan het gister die tweede span geword om deur te dring na die IKR Wêreldbeker-halfeindronde. Dit het gevolg nadat Nieu-Seeland en Pakistan punte in Colombo moes deel nadat die wedstryd uitgereën het. Die Suid-Afrikaanse vrouespan het tot dusver ‘n soliede toernooi gehad en uitstekend herstel na ‘n 10-paaltjie-nederlaag teen Engeland in hul openingswedstryd. Hulle het teruggeveg met opeenvolgende oorwinnings oor Nieu-Seeland, Indië, Bangladesj en Sri Lanka. Die Proteas is tweede op die punteleer na Australië, wat ook gekwalifiseer het, met nog twee halfeindronde-plekke op die spel.