# Motorsport: Max Verstappen spring eerste weg in die Amerikaanse Grand Prix later vandag met Lando Norris langs hom, terwyl McLaren se Formule Een-kampioenskapsvoorloper Oscar Piastri sesde is. Piastri is 22 punte voor sy spanmaat en 55 voor Verstappen. Verstappen se aanslag vir sy vyfde agtereenvolgende titel het sleg begin, maar lyk al hoe beter na sy oorwinning gister in die snelwedren. Charles Leclerc spring derde weg en deel die tweede ry met George Russell van Mercedes. Die sewemalige wêreldkampioen Lewis Hamilton in die tweede Ferrari is vyfde en in die derde ry saam met Piastri.
Motorsport: Verstappen voor langs Norris by Amerikaanse Grand Prix na snelren-sege