# Groot skares het gister in groot Amerikaanse stede opgeruk, terwyl kleiner byeenkomste regoor die land gehou is vir die “No Kings“-optogte teen president Donald Trump se administrasie. Volgens CNN het die meer as twee-duisend-500 geleenthede waarskynlik miljoene gelok. Organiseerders sê Trump lei ‘n toenemend gemilitariseerde en outoritêre regime. Voortdurende ICE-klopjagte en troepe-ontplooiings in Demokraties-geleide state het die verontwaardiging vererger. Die betogings het plaasgevind teen die agtergrond van ‘n sluiting van die federale regering, met die Withuis in konflik met Demokrate oor ‘n befondsingswetsontwerp.
Betogers ruk op teen die Trump-administrasie by ‘No Kings’-optogte regoor die land