# Gholf: Die Sonskyntoer-nuweling Warwick Purchase het dinge warm gemaak op ‘n koue dag by die Glendower Gholfklub met ‘n derde rondetelling van 62, 10 onder baansyfer, wat hom ‘n voorsprong van drie houe in die Fortress Invitational gee. Purchase lei die veld op 17 onder na ‘n ronde met altesaam nege voëltjies, ‘n arend en een onder syfer. Sy naaste uitdager is Kyle Barker op 14 onder, met Daniel van Tonder en Tyrone Ryan op 12 onder. Purchase is tans in die top 10 op die Fortress Nuweling van die Jaar-puntelys.
Gholf: Nuweling Warwick Purchase jaag glorie na in Fortress Invitational