Skip to content

Hamas sê elf dood nadat Israel ‘n bus in Gaza tref

# Gaza se Hamas-beheerde burgerlike verdediging sê 11 mense is dood, almal van dieselfde familie, nadat ‘n Israelse tenkgranaat die bus waarin hulle was in die noorde van Gaza getref het. Die Abu Shaaban-gesin het probeer om hul huis te bereik om dit te inspekteer toe die voorval Vrydagaand in die Zeitoun-woonbuurt van Gazastad plaasgevind het. Onder die slagoffers is vroue en kinders. Dit was die dodelikste enkele voorval waarby Israelse soldate in Gaza betrokke was sedert die begin van die wapenstilstand agt dae gelede. Die Israelse Weermag het Palestyne gewaarsku om gebiede in Gaza te vetmy wat steeds onder hul beheer is.