# Die geskorste minister van Polisie, Senzo Mchunu, het die media en publiek versoek om hom ‘n billike kans te gee om die ontbinding van die taakspan vir Politieke Moorde te verduidelik. Mchunu het voor die Parlement se ad hoc-komitee getuig en gesê president Cyril Ramaphosa is ingelig en het die besluit ondersteun. Hy het beklemtoon dat hy volle verantwoordelikheid neem vir die ontbinding van die taakspan en die publiek aangespoor om nie oorhaastig gevolgtrekkings te maak nie. Sy getuienis word Dinsdag voortgesit:
Geskorste Polisieminister Mchunu doen beroep op billike verhoor [KLANK]
ENG-MchunuOnFair