Skip to content

Rugby: Gelant is terug by die Stormers, Willemse skuif na binnesenter

# Rugby: Springbok-heelagter Warrick Gelant maak môre sy eerste verskyning van die seisoen vir die Stormers in hulle Verenigde Rugbykampioenskap wedstryd teen Zebre Parma by die Stadio Sergio Lanfranchi in Parma. Daar is vier veranderinge aan die beginspan. Met Gelant op heelagter sluit Damian Willemse aan by kaptein Ruhan Nel in die middelveld as senterpaar. Onder die voorspelers sluit Adré Smith aan by Ruben van Heerden as die slotte, terwyl jong vaskopstut Zachary Porthen vir die eerste keer in die Stormers se beginspan is.