# Die DA veroordeel die vertraging in die vrystelling van misdaadstatistieke van Januarie tot Maart, wat nou sewe weke laat is. Die DA se woordvoerder oor die Polisie, Lisa Schickerling, sê die gebrek aan data belemmer stasies se vermoë om te beplan en hulpbronne toe te ken, veral voor die feestyd. Sy sê die DA sal aan die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, skryf en ‘n vrystellingsdatum eis. Sy waarsku dat voortgesette uitstel deursigtigheid, verantwoordbaarheid en gemeenskapsveiligheid regoor Suid-Afrika ondermyn:
DA dring aan op antwoorde omdat misdaadsyfers steeds nie bekendgemaak is nie [KLANK]
AFR-SchickerlingOnCrimeStats