Skip to content

Rusland sê baie vrae moet opgelos word voordat Putin en Trump ontmoet

# Rusland sê baie vrae moet opgelos word voordat die Russiese president Vladimir Putin en sy Amerikaanse eweknie, Donald Trump kan vergader, insluitend wie in elke onderhandelingspan sou wees. Die Kremlin se woordvoerder, Dmitry Peskov, sê sy minister van Buitelandse Sake, Sergei Lavrov en sy Amerikaanse eweknie, Marco Rubio, sal hieraan begin werk. Volgens Peskov kan die ontmoeting tussen Trump en Putin binne twee weke, of kort daarna, plaasvind.