# Rugby: Springbok-kaptein Siya Kolisi sê volgende jaar se reeks tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland gaan ongelooflik wees, en iets wat hierdie geslag nooit sal vergeet nie. Die All Black besoek Suid-Afrika vir sewe wedstryde – drie toetse teen die Bokke, kragmetings met die Stormers, die Haaie, die Bulle en die Leeus, terwyl nog ‘n toets in die buiteland gespeel sal word. Nieu-Seeland se kaptein, Scott Barrett, sê dit is ‘n reuse-wedywering wat op wedersydse respek gegrond is, en voeg by dat dit ‘n ongelooflike toer gaan wees.
Rugby: Kolisi en Barrett sien uit na volgende jaar se opwindende All Blacks-toer in Suid-Afrika