Skip to content

Parlementêre SAPD-komitee wat Mkhwanazi se bewerings ondersoek kry uitstel

# Die parlementêre ad hoc-komitee wat KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, se bewerings ondersoek, het nou tot 28 November om sy werk af te handel. Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, het die uitstel toegestaan. Die komitee moes sy werk aanvanklik teen einde Oktober afhandel. Dit ondersoek bewerings van misdadigheid, politieke inmengery en korrupsie in die strafregstelsel. Tot dusver het Mkhwanazi en die nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola getuienis gelewer, terwyl die minister van Polisie, Senzo Mchunu, sy getuienis vandag voortsit.