Skip to content

Houthi-rebelle kondig die dood van militêre hoof aan

# Die militêre hoof van Jemen se Houthi-rebelle is in ‘n Israeliese aanval dood. Die Iran-gesteunde groep sê generaal-majoor Mohammed al-Ghamari is in die geveg teen Israel dood sonder om verdere besonderhede te gee, maar het met wraak gedreig. Die aankondiging van sy dood volg dae na ‘n wapenstilstand in die tweejaarlange Gaza-oorlog, waartydens die Houthi’s herhaaldelik Israeliese teikens en vragskepe in die Rooi See aangeval het. Ghamari is saam met “metgeselle” en sy 13-jarige seun dood.