# Die DA het sy diepe kommer uitgespreek oor president Cyril Ramaphosa se skorsing van die Inspekteur-Generaal van Intelligensie, Imtiaz Fazel. Die party sê die stap kom te midde van toenemende bewyse van politieke inmenging en korrupsie binne veiligheidstrukture. Dianne Kohler Barnard van die DA waarsku dat Fazel se skorsing, tesame met aanvalle op ander anti-korrupsie-amptenare, ‘n kommerwekkende patroon weerspieël wat daarop gemik is om fluitjieblasers te ondermyn, wat die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie en die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat insluit.
DA kritiseer Ramaphosa oor skorsing van Inspekteur-Generaal van Intelligensie