Skip to content

Rugby: Bulle pak Connacht in Galway in die VRK se vierde ronde

# Rugby: Die Bulle skop Suid-Afrika se deelname aan die vierde ronde van die Verenigde Rugbykampioenskap-seisoen vanaand teen Connacht in Galway, Ierland, af. Môre verwelkom die Leeus die Walliese span Llanelli Scarlets in Johannesburg, en die Haaie meet in Durban kragte met die Ierse span Ulster. Die Stormers speel later teen Zebre in Italië. Die onoorwonne Stormers is tans bo-aan die punteleer, met die Bulle in die sesde plek. Die Haaie is 13de en die Leeus 15de.