Skip to content

Krieket: Kane Williamson sluit aan by Lucknow as strategiese adviseur

# Krieket: Die voormalige Nieu-Seelandse kaptein, Kane Williamson, sal by Lucknow Super Giants aansluit as strategiese raadgewer in volgende jaar se Indiese Premierliga. Hy word deel van die span wat hoofafrigter Justin Langer, snelboul-afrigter Bharat Arun en draaiboul-afrigter Carl Crowe insluit. Williamson het meer as twee-duisend-500 lopies in 93 T20-wedstryde vir Nieu-Seeland aangeteken. Hy glo Lucknow, wat vanjaar sewende geeïndig het uit die tien IPL-spanne, het ‘n uiters talentvolle span en ‘n puik groep afrigters, terwyl hy die IPL as die beste franchise-kompetisie ter wêreld beskryf.