Skip to content

Aanklaer se kantoor in Tijuana, Mexiko deur hommeltuig-aanval getref

# Owerhede sê ‘n hommeltuigaanval het die aanklaer se kantoor in die Meksikaanse stad Tijuana op die grens met Amerika getref, sonder om die vermeende aanvallers te identifiseer. Die staatsaanklaer van Baja Kalifornië, Maria Elena Andrade, het aan verslaggewers gesê die aanval wat met drie plofstofbelaaide hommeltuie uitgevoer is, het skade veroorsaak, maar geen ongevalle is aangemeld nie. Tijuana is ‘n belangrike kruising tussen Mexiko en die Verenigde State, en ‘n sleutelsentrum vir oorgrens-dwelmhandel.