# Build One South Africa vra die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, om rekenskap te gee van die skoolverlatingskrisis in die land. Sowat 450-duisend leerders het uit die stelsel verdwyn voordat hulle graad 12 gehaal het. BOSA se woordvoerder, Roger Solomons, sê dringende ingryping is nodig om die probleem te hanteer. Hy sê dit sluit in minder leerders per klas, beter ondersteuning aan onderwysers, ʼn einde aan begrotingsbesnoeiings in onderwys, en psigo-maatskaplike en voedingsondersteuning aan behoeftige leerders.
BOSA eis aanspreeklikheid terwyl duisende leerders uit die skoolstelsel verdwyn