Skip to content

Oplossing bereik vir Oos-Kaapse leerdervervoer

# Die Oos-Kaapse regering het ʼn ooreenkoms bereik met leerdervervoer-operateurs en dienste hervat vandag. Operateurs het hierdie week hul dienste onttrek omdat die regering hulle nie betaal nie. Die OR Tambo-, Alfred Nzo-, Buffalo City-en Nelson Mandelabaai-munisipaliteite word die meeste geraak. Die provinsiale regering het hierdie boekjaar ʼn begroting van 725-miljoen-rand beskikbaar gestel vir 112-duisend leerders se vervoer. Premier Oscar Mabuyane sê hulle wil teen 15 November alle uitstaande betalings afhandel.