Skip to content

Hamas sê hy het alle gyselaars se liggame oorhandig, maar 19 is nog nie opgespoor nie

# Hamas sê hy het die oorskot oorhandig van al die Israelse gyselaars wat hy kon bereik. Nog twee liggame is gister oorhandig nadat die militante groep reeds die liggame van sewe van die 28 oorlede gyselaars teruggegee het. Israel sê ʼn agste liggaam is nie dié van ʼn gyselaar nie. Dit beteken 19 se liggame is nog nie opgespoor nie. Hamas sê hy het tyd en spesiale toerusting nodig om die res uit die ruïnes van Gaza te herwin.