# Ses vermeende dwelmsmokkelaars is dood in ‘n Amerikaanse aanval op ‘n boot naby die kus van Venezuela. Die Amerikaanse president, Donald Trump, sê intelligensie het bevestig die boot het dwelms vervoer. Dit is die vyfde aanval sedert die begin van September na die Pentagon se aankondiging van ‘n beslissing deur die president dat die VSA in ‘n “gewapende konflik” met dwelmkartelle is. Trump het vroeër gesê die kartelle is ‘n bedreiging vir Amerika se nasionale veiligheid. Deskundiges meer egter die verduideliking vir die vernietiging van die bote, voldoen nie aan die vereistes onder oorlogswette nie.
VSA vernietig nog ‘n dwelmsmokkelboot aan kus van Venezuela