Skip to content

Israelse Weermag sê een van die liggame wat Hamas oorhandig het was nie ‘n voormalige gyselaar nie

# Die Israelse Weermag sê een van die liggame wat Hamas oorhandig het in ruil vir Palestynse gevangenes is nie ‘n voormalige gyselaar nie. Forensiese toetse is gedoen op vier liggame wat gister terugbesorg is, en mediese amptenare het tot die gevolgtrekking gekom dat een nie met enige van die gyselaars ooreenstem nie. Hamas het Maandag 20 oorlewende Israelse gyselaars en agt liggame terugbesorg – ‘n Nepalees, ses Israeli’s en die onbekende agste liggaam. Dit het gevolg op ‘n wapenstilstandooreenkoms wat deur die Amerikaanse president, Donald Trump, bemiddel is.