# Senior Oekraïense amptenare het in Amerika vergader met verteenwoordigers van Amerikaanse wapenvervaardigers, insluitend Raytheon, wat Tomahawk-missiele vervaardig wat Washington dalk aan Kiëf gaan verskaf. Die Oekraïense afvaardiging se tweedaagse besoek het gesprekke met senior Amerikaanse amptenare ingesluit en kom voor Vrydag se beplande vergadering tussen die Amerikaanse president, Donald Trump, en sy Oekraïense ampsgenoot, Volodimir Zelensky. Trump oorweeg dit om die missiele na Oekraïne te stuur.
Oekraïense amptenare ontmoet vervaardigers van langafstand-Tomahawk-missiele in Amerika