# Die Universiteit van Fort Hare se visekanselier, professor Sakhela Buhlungu, sê oproepe dat hy bedank is niks nuut nie en hy hou vol hy gaan nêrens heen nie. Betogende studente eis dat hy verwyder word en sê hy steur hom nie aan bewerings van wanbestuur by die instelling nie. Buhlungu sê hy gaan voort met organisatoriese herstrukturering en monitor talle hofsake oor moord en bedrog op die kampus. Hy sê hy is vasbeslote om tot die einde te veg en sy volle termyn aan te bly.
Universiteit van Fort Hare se visekanselier nie van stryk gebring oor oproepe dat hy bedank nie