# City Power is woedend oor gewelddadige aanvalle op sy personeel en opsetlike beskadiging van infrastruktuur. Twee sekuriteitsbeamptes is aangerand by die Alexandra-substasie nadat hulle deur gewapende verdagtes vasgebind is. Die uitvoerende hoof, Tshifularo Mashava, het die aanvalle veroordeel en noem dit sinneloos. In ‘n aparte voorval is ‘n inwoner van Roodepoort deur ‘n onwettige elektrisiteitsverbinding geskok. City Power se woordvoerder Isaac Mangena het gemeenskappe aangespoor om krag-infrastruktuur te beskerm deur verdagte bedrywighede aan te meld:
City Power veroordeel geweld en vandalisme by Alexandra-substasie [KLANK]
ENG-MangenaOnPower