# Gesondheidsowerhede in Gaza sê minstens ses Palestyne is dood in twee aparte voorvalle. Die Israelse Weermag het vroeër gesê hulle het geskiet nadat verskeie verdagtes die onttrekkingslyn oorgesteek en magte in die noordelike Gazastrook-gebied genader het. Die weermag het die inwoners van Gaza versoek om sy instruksies te gehoorsaam en nie na die magte in die gebied te beweeg nie. Ingevolge die eerste fase van die wapenstilstandooreenkoms het Israelse magte onttrek, maar bly steeds in beheer van sowat 53-persent van Gaza.
Gesondheidsowerhede in Gaza sê minstens ses Palestyne is dood in twee aparte skietvoorvalle