# Amerikaanse president Donald Trump sal die seremoniële ondertekening van ‘n vredesooreenkoms tussen Thailand en Kambodja by ‘n komende beraad bywoon. Spanning tussen Thailand en Kambodja het in Julie in die dodelikste militêre botsings in dekades ontaard, met meer as 40 mense wat gesterf het en bykans 300-duisend het uit hul huise gevlug. Die twee lande het ‘n ooreenkoms oor ‘n wapenstilstand bereik, deels bemiddel deur Trump, na vyf dae van gevegte. Trump sal Maleisië op 26 Oktober besoek om die Vereniging van Suidoos-Asiatiese Nasies se spitsberaad by te woon.
Trump sal die seremoniële ondertekening van ‘n vredesooreenkoms tussen Thailand en Kambodja bywoon