# Gauteng se premier, Panyaza Lesufi, het die hoof van die provinsiale Departement van Gesondheid en Welstand, Lesiba Arnold Malotana, met onmiddellike ingang geskors. Die DA het verlede jaar geëis dat Malotana verwyder word ná die Spesiale Ondersoekeenheid se bevinding oor twee kontrakte waar hy na bewering omkoopgeld van meer as 10-miljoen-rand met twee ander amptenare gedeel het. Die provinsiale regering se woordvoerder, Elijah Mhlanga, sê dokter Darion Barclay is aangestel as die departement se waarnemende hoof: