# Diplomatieke bronne sê Turkye en Irak se teenkanting van Benjamin Netanyahu se teenwoordigheid by vandag se Gaza-beraad in Egipte het veroorsaak dat hy op die nippertjie gekanselleer het. Wêreldleiers vergader later vandag by die Egiptiese oord, Sharm El-Sheikh, om ‘n dokument te onderteken wat die oorlog in die Gazastrook beëindig. Die Amerikaanse president Donald Trump en Abdel Fattah al-Sisi van Egipte sal die voorsitterskap deel.
Irak, Turkye wou Netanyahu nie by Gaza-beraad in Egipte gehad het nie