Skip to content

Krieket: Botham is bekommerd oor England se gebrek aan voorbereiding vir die As

# Krieket: Die voormalige Engelse krieketster Ian Botham is bekommerd oor sy land se gebrek aan behoorlike voorbereiding vir die reeks om die As teen Australië, wat op 21 November in Perth begin. Hy sê dit grens aan arrogansie terwyl hulle in 2011 laas ‘n toets in Australië gewen het. Engeland sal voor die reeks net ‘n driedaagse oefenwedstryd teen die Engelse Leeus-toerspan in Perth speel. Botham sê die toeriste moet gewoond raak aan die weer, die kolfblaaie, die teenstanders en die skares wanneer hulle teen ‘n hele land speel.