Skip to content

Krieket: Proteas hervat derde dag in Lahore op 216/6

# Krieket: Suid-Afrika sal sy eerste beurt hervat op 216 vir ses op die derde oggend van die eerste toets teen Pakistan in Lahore. Dit is ‘n agterstand van 172 lopies nadat die gasheer gister uitgeboul is vir 378. Hulle het hervat op 313 vir vyf en hulle oorblywende vyf paaltjies verloor vir net 65 lopies. Suid-Afrika het goed begin, maar gereeld paaltjies verloor. Ryan Rickelton het 71 bygedra en Tony de Zorzi sal voort kolf op 81, saam met die Proteas se held van gister, Senuran Muthusamy, wat ses paaltjies geneem het.