# Krieket: Die Protea-vroue speel vandag teen Bangladesj in die Wêreldbekertoernooi nadat Australië gister haar greep op die boonste posisie op die punteleer verstewig het met ‘n oorwinning van drie paaltjies oor die mede-gasvrou. Indië het ‘n uitstekende 330 aangeteken toe hul laaste paaltjie in die voorlaaste boulbeurt gekantel het, maar die verdedigende kampioen het die teiken bereik met ‘n boulbeurt en sewe paaltjies oor. Die ander lande tans in die halfeind-posisies is Engeland, Indië en Suid-Afrika, met Nieu-Seeland, Bangladesj, Sri Lanka en Pakistan aan die onderpunt.
Krieket: Australië verstewig boonste posisie in die Wêreldbekertoernooi vir vroue