Skip to content

Krieket: Proteas boul Pakistan uit vir 378 na Muthusamy ses paaltjies plattrek

# Krieket: Senuran Muthusamy was die Proteas se groot held op die tweede dag van die eerste toets teen Pakistan in Lahore. Hy het altesaam ses paaltjies geneem in die gasheer se eerste beurt om hulle vir 378 te help uitboul. Pakistan het op 313 vir vyf hervat en Muthusamy het drie paaltjies in ‘n enkele boulbeurt platgetrek. Die reeks van twee wedstryde is die Proteas se eerste van die nuwe Wêreldtoetskampioenskap nadat hulle Australië in Junie verslaan het in die eindstryd van die vorige siklus.