# Israel se regering sê hy verwag dat al 20 lewende gyselaars wat in Gaza deur Hamas aangehou word, vanoggend aan die Rooikruis oorhandig sal word. Dis deel van die eerste fase van die vredesooreenkoms waarop verlede week ooreengekom is. Hamas hou 48 mense gyselaar, waarvan 20 vermoedelik nog lewe. Israel sal byna twee-duisend Palestynse gevangenes vrylaat. Die Israelse regering se woordvoerder, Shosh Bedrosian, sê hulle is ook gereed om die liggame van die oorlede gyselaars te ontvang:
Israel sê hy is gereed om gyselaars uit Gaza vandag te ontvang [KLANK]
ENG BedrosianOnRemains